Die GED vir Afrikaanssprekendes

Die GED vir Afrikaners

Die GED vir Afrikaanssprekendes – is dit moontlik?

Kan ‘mens die GED® oorweeg as jou kinders Afrikaanssprekend is?

Hoe vaar Afrikaanssprekende kinders met die GED®?

Can Afrikaans speaking students manage the GED® in English?

Die GED® is ‘n Amerikaanse toets en daarom is dit nie in Afrikaans beskikbaar nie.

‘n Hele klompie Afrikaansprekendes het al die GED® geskryf en goed geslaag. Die meerderheid sê dit is ‘n aanpassing om oor te slaan na Engels toe, as taal van onderring, maar ‘dis haalbaar’. Elke familie moet die voordele en nadele van elke opsie oorweeg en dan self besluit wat gaan die beste een wees vir elkeen van hul kinders.

Hoor wat sê die ouers self op ons Online GED Prep Facebook groep:

Adri –  Ons jongste dogter is klaar met haar GED®. Die Engels was beslis ‘n aanpassing. As ‘n mens beplan om GED te doen moet jou kinders beslis baie aandag aan Engels gee. Veral op die platteland waar ons nie elke dag met Engels te doen het nie. Maar dit is belangriker dat die kind goed en met begrip kan lees.

Reinet – My stiefdogter lees ook nie so goed met begrip nie, so buiten vir die wiskunde wat sy geniet, sukkel sy soms. Ek verduidelik dit maar net vir haar. Dis belangrik dat kinders van kleins af genoeg lees.

Mary-Ann – Meeste dinge vandag is Engels, TV, rekenaarspeletjies, xbox, playstation en allerhande apps… So die Engels is nie werklik ‘n probleem nie. Kinders moet wel goed kan lees en wil leer.

Tina – My seun het sy GED® geskryf. Ek het geen formele Engels met hom gedoen nie. Hy hou baie van lees, so hy het baie Engelse boeke gelees. Dit was al Engels wat hy gedoen het, en hy het baie goed gevaar met die GED® eksamen. Hy het homself voorberei, via selfstudie, ek het nie tyd gehad om hom te help nie. Ek het hom net gesê dat as hy in Engels wil eksamen skryf sal hy moet begin Engels lees, en hy het losgetrek en dit gedoen.

*Vanaf 1 April 2019 gaan die ouderdom verander. Kandidate moet 17-jaar oud wees, om die GED® in Suid-Afrika te skryf.

Anel – My son reads a lot of English. He did struggle in the beginning but [he is] now ready to write …

Judy – Hi, we had no problem to change to GED®. Maths is a bit difficult but can cope.

Hannelie –  My oudste seun het laasjaar die GED® gedoen en baie min aandag daaraan gegee sonder enige tutor. Sy punte was gemiddeld en hy het geslaag. Dit was glad nie lekker vir hom en tydmors omrede hy klaar sy hart op 3D art gesit het en nie GED® of enige matriek nodig het nie. Die social science gaan oor die Amerikaanse wette en geskiedenis…die taal was nie te moeilik vir hom.
Ek sal nie die GED®aanbeveel as ‘n kind sukkel met lees en spel nie, tensy hy as ouer reg langs hom elke dag gaan sit en kort kort verduidelik…maar dan wat van eksamen tyd as ma nie daar is nie. Ons het met my 2de seun dit oorweeg en gou agter gekom die “taal” is te hoog vir hom.

Willemien – They find the maths difficult

Valerie – We are very Afrikaans, but as tv and computer are mostly English my kids preferred reading in English rather than Afrikaans. My son finished his GED® earlier this year and my daughter is busy with it now.
I think they just need to understand English well and be able to present themselves in the language as well.
Let them read in English as well as talk it everywhere.

Denise – My eldest son struggled a bit, but the younger two very little. In fact the youngest one reads way better in English than in Afrikaans.

Maryna –  My kids found it very easy. I have to add that we did Math-U-See for years and that was our saving grace.
My advice would be that you make your English as a subject just as important as Afrikaans. If you do science give things in their English names as well. This will make the transition so much easier.

Ewoud – I have a couple of Afrikaans students and they do find the transition difficult. But as with all things worthwhile, perseverance is the key.

Lourentia – Dis haalbaar. Ons hou maar die tweetalige woordeboek byderhand. Is moeiliker om iets in jou tweede taal te doen, maar GED® is nie onmoontlik nie. Ek het my seun en sy nigggie wat saam dit doen. Ek het by ‘n afrikaanse gesin die idee gekry om die kurses een keer deur te doen, omdat hul jonk is en wanneer hul deur alles gewerk het gaan hul hom weer van voor af doen. Net om die vertaling te probeer vergemaklik en hulle gemaklik te kry met die engelse terme.

Lourentia – Vandag [23 Augustus 2018] kan hierdie 100% suiwer plattelandse afrikaanse mamma met trots sê haar seun het sy laaste vak(wisk) vandag geskryf en hy is dus klaar met sy GED® loopbaan. Nou nog sus, oor 2 jaar!  This can be done even if you are Afrikaans speaking.
Thank you very much to each member on this group, you motivated us on a daily basis. A special BIG thanks to Shirley!!!

Arendine – My seun is 100% Afrikaans en lees is nie sy sterk punt nie. Hy sukkel eintlik om te lees, verwar letters en draai letters om. Hy het die GED’s gewen.

We recommend that you take a free trial to see what the course material is like.